Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

MapStudio

@ Sunday Times Books LIVE

Strand toe! Beplan jou Desember-vakansie met Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners

Suid-Afrika vir Suid-AfrikanersDie Desember-vakansie is op ons, en wie kan aan enigeiets beter dink as om iewers op ‘n stil strand te gaan lê en boeklees?

Weg het skouer aan die wiel gesit en die ses beste stil strande in Suid-Afrika uitgesnuffel. Daar is Zinkwazi aan KwaZulu-Natalse Noordkus, Mpande aan die Wildekus, Sedgefield op die Tuinroete en soveel meer.

Lees die artikel in Weg vir al die nodige inligting oor verblyf, koste en kontakbesonderhede, asook allerhande heerlike doendinge op die strand.

Benodig jy nog hulp om jou somervakansie te beplan? Raadpleeg Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners vir al die verborge plekkies in ons mooi land.

Lees die artikel:

5. De Hoop, Overberg

Wanneer die res van die Suid-Kaap se strande beef van die mense, sambrele, koelbokse en kampstoele, lyk dié strand soos die paviljoen by ’n skolepluimbalwedstryd: yl bevolk.

De Hoop se strand is bykans 7 km lank. Los jou motor vir die dag by die Klipkoppie-parkeerterrein aan die westelike punt van die strand óf by die Koppie-Alleen-parkeerterrein aan die oostelike punt van die strand. Dan is dit bloot skoene uitskop, broekspype oprol, die swemhoed en beach bats gryp en daar gaat jy!

Hier is lekker rotspoele om te verken (onthou jou duikbril en snorkel), en die massiewe duine strek bykans 3 km land-in – bepaal wie in die gesin is die aan-aan-kampioen! Walvistyd (winter en lente) kom die seereuse só naby aan die land dat jy hulle sommer van die strand af kan dophou. Die gewilde vyf dae lange Walvisstaproete eindig ook op die strand.

Wat nog? Voëlkykers sal gaande wees oor De Hoop-vlei, en buiten die geveerdes hou hier ook sowat 80 ander dieresoorte in die reservaat – van bontebokke en elande tot rooikatte.

Waar bly ek? Die reservaat het verskeie verblyfopsies – van kampering teen R325 p.n. per staanplek tot ’n rondawel vir R804 p.n. of luukse verblyf in ’n ou plaasopstal vanaf R905 p.p.p.n. dehoopcollection.com

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment