Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

MapStudio

@ Sunday Times Books LIVE

Kamp en karavaan: ’n Handige gids vir ’n belonende kampeerervaring

Kamp en karavaanCamp and CaravanMaak gereed vir die kampeerseisoen met Kamp en karavaan, nou beskikbaar op MapStudio se rakke:

Kamp en karavaan is ’n handige gids wat jou sal help in die keuse van jou bestemming, of dit ’n ster-gegradeerde strandoord is of ’n afgeleë boskamp. Hierdie gids sal kampering ’n belonende ervaring in Moeder Natuur met jou familie maak.

Die kampeerplekke is volgens provinsie gelys met kleur-koördinering vir maklike verwysing. Elke inskrywing bevat ’n kort beskrywing van die terrain, die oord tipe, prysreeks en simbole wat die beskikbare geriewe aandui. Asook die gradering toegeken deur die Raad vir Toerismegradering, waar van toepassing.

Bykomende funksies sluit in ’n vinnige kitssoeker lys van meer as 600 karavaan- en kampeerterreine, ikone wat prysklas, fasiliteite en geriewe aandui, tolpaaie en afstande, gedetaliëerde provinsiale en streekkaarte, nuttige kampeerkontrolelys en noodnommers.

Kamp en karavaan is ook in Engels beskikbaar as Camp and Caravan.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment