Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

MapStudio

@ Sunday Times Books LIVE

Wynmakers wat kreatiewe biere brou: Julia Jansen stel ondersoek in

Craft BeerErvare wynmakers word al meer aktief in kreatiewe bierbrouery om gehoor te gee aan toeriste se soeke na “‘n ander ervaring”, skryf Julia Jansen in ‘n artikel vir Netwerk24.

Jansen het by ‘n paar van hierdie wynplase gaan aanklop om ‘n bier of drie te proe en self te sien waaroor die bohaai gaan. Haar gevolgtrekking? Hulle skep produkte van hoë gehalte!

“Die brouers op die wynplase ken die kuns daarvan om komplekse wyn van uitsoekdruiwe te maak en pas ewe bedrewe hierdie beginsels in die maak van hoëgehaltebier toe,” skryf die verslaggewer.

Lees die artikel vir hoogtepunte uit Jansen se miniatuur biertoer in die Kaapse wynlande:

Sowat 32 jaar gelede is die eerste mikrobrouery in Suid-Afrika begin. Dit was Mitchell’s ­Brewery, wat in 1983 in Knysna geopen is.

Vandag is daar sowat 40 kleinskaalse brouerye in die land.

Tans word craft beer, hoewel nog op kleiner skaal, al hoe meer ook op wynlandgoedere deur ervare wynmakers gebrou.

Vir meer oor boetiekbiere in Suid-Afrika lees gerus Craft Beer: A Guide to South African Craft Breweries and Brewers deur Jacques van Zyl.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment